Thursday, August 6, 2015

My seuns

Posted by Adele Hattingh at 12:22 AM 0 comments
Uzziyah
My staccato kind
Jy is n montage van danspassies en snaakse rympies
Jou woorde rol soos n bal ys van n berg af – dis sterk en passievol en dis meesleurend
Jy is Tel Aviv op n warm somersaand. Die stad wat nooit slap nie.
Die stad waar die vure tot laat in die nag op die strand weerspieel
Jy is die branders wat teen my mamma siel vas slaan, die wit skuim trek ver tot in die laatnag
Jy raak skielik aan die slaap, jy word stadig wakker.
Jy is helder kleure en groot verf stroke wat die brue van ons gesinstad verkleur
Jy vergeet niks en jou liefde is sigbaar in jou ligte blou oë
Jy is my Uzziyah
God se krag

Chavriël
My legato kind
Jy is n lag liedjie en n ritmiese deuntjie wat in die maanlig rond dans
Jou stemmetjie is soos die geel oggendonson wat stadig nader kruip – dis warm en bring nuwe hoop
Jy is Galilea se berge en strome- n koel briesie wat deur my hare waai op n warm dag
Die ritmiee golwe wat n nuwe lewe in my mamma hart in stuur
Jy is die horison aan die einde van die see, ek staar daarna tot vroeg in die oggend
Jy raak stadig aan die slaap en word met blink ogies wakker
Jy is pastel kleure en sagte patrone wat ons gesinsband versier
Jou slim blou ogies kyk deur ons
Jy is my Chavriël

God se vriend
 

Daughter of Zion Copyright © 2012 Design by Antonia Sundrani Vinte e poucos