Wednesday, May 31, 2017

Om 'n bietjie te lê

Posted by Adele Hattingh at 5:57 AM
Ek sal weer opstaan
As die lig die donker se twyfel kom verdryf
As die hitte die winter se verwerping opwarm
En die koue van die teestand voor die mag van die son verdwyn

Maar vir nou

Sal ek bly


In die wanhoop van wonder en “nie verstaan”
In die twyfel en vrees van verkeerde besluite
En die mismoedigheid van aan die buite kant staan.

0 comments:

Post a Comment

 

Daughter of Zion Copyright © 2012 Design by Antonia Sundrani Vinte e poucos